On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

PG du Plessis tydens vanjaar se Aardklop vereer

───   DANE BEISHEIM 10:03 Wed, 26 Jul 2017

PG du Plessis tydens vanjaar se Aardklop vereer | News Article

Van Suid-Afrika se voorste kunstenaars kom vanjaar by die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom byeen om die lewe en werk van wyle dr. PG du Plessis te vier.


Dit, volgens feesorganiseerder Alexa Strachan, tydens die fees se programbekendstelling in Potchefstroom gisteraand. Du Plessis, ’n bekroonde dramaturg, draaiboek- en romanskrywer, storieverteller en volksikoon, is oorlede op 7 Junie vanjaar. Strachan sê, gegewe Du Plessis se nalatenskap, maar ook omdat hy buite Potchefstroom op ‘n plaas gewoon het, is dit vir Aardklop sowel as die breër kunstenaarsgemeenskap uiters belangrik om sy lewe te vier.

“So, ons bring Koöperasiestories, wat natuurlik op sy tekste gebaseer is, en dan skep ons spesifiek vir hom ’n konsert met die titel PG: ’n Lewe vol… want daai man se lewe was vol, en sy werk, en sy oeuvre... Almal het hom op ’n ander manier ervaar en geken. Dit is ’n groot klomp kunstenaars. Dis Milan Murry, en dit is Coenie de Villiers, en Anna Davel… ek kan aangaan en aangaan oor hoeveel kunstenaars daar is, want die kunstenaars wil hom eer,” sê Strachan.


Die fees vind van 2 tot 8 Oktober plaas, en die tema vir hierdie jaar is #hartelus. Kaartjies sal van Sondag 30 Julie by Computicket beskikbaar wees.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.