On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

OG-verslag: Die koppe gaan rol by NW-munispaliteite

───   CATHY DLODLO 11:25 Fri, 23 Jun 2017

OG-verslag: Die koppe gaan rol by NW-munispaliteite  | News Article
North West premier Supra Mahumapelo/OFM News

Mahikeng - Die Noordwes regering sê koppe gaan rol by swak presterende munispaliteite as die kontrakte van munisipale bestuurders in die provinsie teen einde Augustus ten einde loop.


Dit kom nadat die ouditeur-generaal bevind het dat nie een van die 23 munisipaltieite in die provinsie – vir die tweede agtereenvolgende jaar – ‘n skoon ouditmening ontvang het nie. Kimi Makwetu se verslag vir die 2015/'16 boekjaar is Woensdag in die parlement ter tafel gelê. 


Die Premier van Noordwes, Supra Mahumapelo het die versekering gegee dat die volgende verslag verbeterings sal toon soos die provinsiale regering se ingryping by munisipaliteite begin vrugte afwerp.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.