On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vermoorde NW-boer se ma word deur familie ondersteun

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:44 Mon, 19 Jun 2017

Vermoorde NW-boer se ma word deur familie ondersteun | News Article

Lichtenburg - Die boer wat Vrydag koelbloedig in 'n plaasaanval in die Lichtenburg-distrik in Noordwes deur rowers doodgeskiet is, se bejaarde ma word deur geliefdes in dié moeilike tyd onderskraag.


Die 46-jarige Hanno Steyn is voor sy ma, Zackie, wat vasgebind is en op 'n bed in 'n slaapkamer was, in die kop geskiet. Johan Terblans van Biesiesvlei se Landelike Veiligheid sê Hanno is oorrompel en sy hande is agter sy rug vasgebind nadat drie mans met 'n onbekende voertuig op die plaas aangekom het. Hulle wou glo skape koop. Hanno het buite die huis met hulle gepraat, waarna hulle hom in die huis in gedwing het. Hulle het herhaaldelik geld geëis. Hy sê Hanno het geen weerstand gebied voordat hy geskiet is nie. Zackie het Vrydag haar 75-jarige verjaardag gevier.

Sover bekend is nog niemand in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Nog geen begrafnisreëlings is bekend nie.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.