Local News
Drie verskyn weens moord op boer en huiswerker in Wepener-distrik─── 05:50 Tue, 25 Apr 2017
Wepener - Drie mans verskyn na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof in verband met die moord op 'n boer en sy huiswerker op 'n plaas in die Wepener-distrik.
Pieter Johannes van der Berg en Tsietso Matsabisa se lyke is deur 'n buurman gevind, toe hy die plaas Pharoasfontein verlede Donderdag besoek het. Hulle is vermoedelik doodgeskiet.
Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, sê die verdagtes, wat tussen 18 en 22 jaar oud is, is by hul huise in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het.
Die verdagtes is fort met vuurwapens, selfone, 'n skootrekenar en klere.
Nomaqhawe Mtebele/OFM-nuus