On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Derde plaasaanval in en om VS aangemeld

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:37 Fri, 21 Apr 2017

 Derde plaasaanval in en om VS aangemeld | News Article
Gallo images

Parys - Drie plaasaanvalle, waartydens drie mense vermoor en een ernstig beseer is, is tussen Woensdag en Donderdag in en om die Vrystaat aangemeld.


Johannes Petrus du Randt is Donderdagaand wreed op sy plaas tussen Ladybrand en die Maseru-grenspos vermoor. Polisiewoordvoerder Phumelelo Dhlamini sê die voorval is gisteraand omstreeks 19:30 by die polisie aangemeld.  




Intussen word die name van 'n boer en 'n huiswerker wie se lyke Donderdag in die boer se plaashuis in die Wepener-distrik gekry is, vir eers weerhou totdat al hul naasbestaandes in kennis gestel is. Hulle het verskeie skietwonde opgedoen. Die 48-jarige boer se lyk is in die woonkamer gevind. Sy voete is vasgebind. Die huiswerker se lyk is in 'n kamer in die huis op die vloer gekry. Haar voete is ook vasgebind.


In nog 'n plaasaanval Woensdagaand is 'n 87-jarige boer omstreeks 19:00 in sy huis op sy plaas sowat 25km buite Parys in die Vrystaat naby die R500 met 'n hamer aangeval. 


Volgens Sarel van der Watt van die Vaalrivier-rampbestuur het die bejaarde boer, wat alleen gebly het, se huisalarm afgegaan. Bure en sekuriteit was vinnig om te reageer. Sy aanvaller was nog op die toneel met hulle aankoms, maar kon wegkom. Van der Watt sê die boer is na 'n hospitaal in die Vaaldriehoek geneem.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.