On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Positiewe reaksie teenoor Solidariteit se veldtog teen selektiewe hantering van rassisme

───   MARK STEENBOK 08:26 Fri, 21 Apr 2017

Positiewe reaksie teenoor Solidariteit se veldtog teen selektiewe hantering van rassisme  | News Article
File photo

Pretoria - Die vakbond Solidariteit sê hulle het tot dusver geweldige positiewe reaksie gekry van mense wat hulle veldtog teen die selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika ondersteun.


Die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Hermann, sê hulle het tot dusver 200 000 stemme ontvang. Die vakbond wil in Mei vanjaar ‘n massaklag by die Verenigde Nasies indien teen dubbele standaarde met betrekking tot rassisme. Suid-Afrikaners kan onder meer hul stem by die VN, asook die Internasionale Arbeidsorganisasie, Internasionale Menseregtekommissie, Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en Parlement dik maak deur hul name tot die massaklag te voeg. 


Hermann sê hulle mik nou vir ‘n kwart miljoen stemme.


Hermann sê Solidariteit het op 20 April ‘n konferensie teen die selektiewe hantering van rassisme gehou.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.