On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Boer, huiswerker doodgeskiet in Wepener-distrik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:09 Fri, 21 Apr 2017

Boer, huiswerker doodgeskiet in Wepener-distrik  | News Article
Gallo images

Wepener - 'n Boer van Wepener en 'n huiswerker se lyke is vroeg gistermiddag in sy plaashuis in dié distrik gekry.


Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, het gisteraand aan OFM-nuus bevestig dat 'n 49-jarige boer en 'n 55-jarige huiswerker koelbloedig doodgeskiet is. Ngcukana sê 'n buurman het op hulle lyke afgekom. Hulle is vermoedelik verskeie kere geskiet. Die huis was deurmekaar gekrap. Ngcukana sê dit is nog nie duidelik wat uit die huis vermis word nie. 


Die polisie was van gistermiddag tot gisteraand laat nog op die toneel. Ngcukana sê dit is onseker hoeveel aanvallers betrokke was. Die oorledenes se name is aan OFM-nuus bekend. Dit gaan egter weerhou word totdat die polisie bevestig het dat al die naasbestaandes in kennis gestel is.  


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.