On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Brekende nuus: Petrus Molemela sterf

───   CATHY DLODLO 10:34 Sun, 26 Mar 2017

Brekende nuus: Petrus Molemela sterf | News Article
Dr. Petrus Molemela/Twitter

Bloemfontein - Sokkerreus en bekende sakeman, dr. Rantlai Petrus Molemela, is vanoggend oorlede.


Molemela was die stigter van Bloemfontein Celtic Sokkerklub, wat beskou word as een van die klubs met die grootste ondersteuningsbasisse in die land. 

Hy het meer as 'n dekade gelede afgetree toe die klub verkoop is. Molemela is egter as Celtic se lewenslange president verklaar. Geen verdere besonderhede is nog beskikbaar nie. 

OFM-nuus het egter Molemela se dood met sy familie vanoggend bevestig. Hulle het aangedui dat 'n gedetailleerde persverklaring later vandag uitgereik sal word.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.