On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

NK-immigrasiebeampte ook oor dwelms aangekla

───   CATHY DLODLO 09:06 Sun, 26 Mar 2017

NK-immigrasiebeampte ook oor dwelms aangekla | News Article

Springbok - 'n Tweede klag van die onwettige besit van dagga is by die een van oortreding van die Immigrasiewet gevoeg in 'n aanklag teen 'n beampte van die Vioolsdrift-grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië.


Die verdagte is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem weens beweerde bedrog. Die 46-jarige Benedictus Fredericks het Vrydag vlugtig in die hof verskyn. 

Hy is vasgetrek ná ‘n ondersoek deur die Valke wat die Departement van Binnelandse Sake gelas het. 

Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalase, sê Fredericks is op R2000 borgtog vrygelaat en sal weer op 12 April in die landdroshof op Springbok verskyn. 

Intussen is twee ander beamptes wat ook vir ondervraging ingeneem is, vrygelaat.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.