On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Noord-Kaapse grensposbeamptes vrygelaat

───   CATHY DLODLO 10:19 Sat, 25 Mar 2017

Noord-Kaapse grensposbeamptes vrygelaat | News Article

Bloemfontein - Twee immigrasiebeamptes by die Vioolsdrift-grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië, wat deur die Valke ondervra is oor bewerings van bedrog, is vrygelaat.


Dit nadat ‘n 46-jarige kollega van die beamptes gister in hegtenis geneem is vir dieselfde rede. Woordvoerder Philani Nkwalase sê die verdagte is vasgetrek ná ‘n ondersoek deur die Valke, wat deur die Departement van Binnelandse Sake gelas is. 

Hy sê verskeie paspoorte van buitelanders is by die verdagte se woning gevind. Nkwalase sê die ondersoek het gevind dat paspoorte van buitelanders onwettig hernu word in ruil vir kontant of elektroniese betalings. 

Dié beampte gaan na verwagting binnekort in die landdroshof op Springbok verskyn.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.