On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Kakamas-skoolhoof - hersieningsaansoek uitgestel

───   MARK STEENBOK 14:44 Thu, 23 Mar 2017

Kakamas-skoolhoof - hersieningsaansoek uitgestel | News Article

Kakamas - Die hof-interdik wat ‘n waarnemende skoolhoof by die Hoërskool Kakamas verbied om die skoolgronde te betree, sal geld totdat die aansoek teen hom aangehoor is.


Die adjunkhoof van die SA Federasie van Skoolbeheerliggame (Fedsas), Jaco Deacon, sê die hersieningsaansoek, oor die aanstelling van Derick Coetzee as skoolhoof wat vandag sou plaasvind, is uitgestel op versoek van die twee respondente - Coetzee en die beheerliggaam. 

Coetzee is in 2007 deur die departement ontslaan nadat hy 'n leerling van die skool swanger gemaak het en is in 2014 weer in 'n waarnemende hoedanigheid aangestel. In teenstelling met betogende ouers wat vroeër Coetzee se aanstelling geëis het, het 'n pa van twee, wat ook op die skoolbeheerliggaam dien, 'n dringende hofbevel in die Noord-Kaapse hooggeregshof verkry, wat Coetzee verbied om by die skool te wees hangende die hersieningsaansoek. 

Die woordvoerder vir die Noord-Kaapse onderwysdepartement, Geoffrey van der Merwe het vroeër in ‘n verklaring gesê dat al die nodige prosesse met Coetzee se aanstelling gevolg is. 

Die hersieningsaansoek sal nou op 29 Junie aangehoor word.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.