On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Nog niemand aangekeer ná skietvoorval waarin ma, kind gewond is

───   MOEKETSI MOGOTSI 14:33 Mon, 13 Mar 2017

Nog niemand aangekeer ná skietvoorval waarin ma, kind gewond is | News Article
Virquelene van Wyk en haar dogter, Charne (Moeketsi Mogotsi/OFM-nuus)

Bloemfontein - Daar is nog niemand in hegtenis geneem ná die skietvoorval verlede Donderdag waarin ‘n sesjarige meisie en haar 28-jarige ma in Heidedal, Bloemfontein, gewond is nie.


Polisiewoordvoerder, Fikiswa Matoti, sê die motief vir die skietvoorval kon nog nie vasgestel word nie. Hy versoek lede van die gemeenskap om met enige inligting te help wat met die saak verband hou.

Intussen reken die slagoffers, wat albei in die bene gewond is, dat hulle met iemand anders verwar is.

Charles van Wyk het aan OFM-nuus gesê hy glo nie die koeëls was vir hulle bedoel nie.

Van Wyk sê bykans nege koeëls is daardie nag deur hul kamervenster gevuur en sy motor se windskerm is ook met opset stukkend geskiet. ‘n Saak van poging tot moord is by die Heidedal-polisiestasie aanhangig gemaak.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.