On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

US lanseer satelliet na Internasionale Ruimtestasie

───   14:21 Fri, 24 Mar 2017

US lanseer satelliet na Internasionale Ruimtestasie | News Article

Stellenbosch - 'n Nanosatelliet wat deur die Universiteit Stellenbosch en CubeSpace ontwikkel is, word voorlopig op 27 Maart saam met 27 ander nanosatelliete na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer.


'n Nanosatelliet wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) en CubeSpace, 'n Innovus inkubasie-maatskappy in die Nedbank Universiteit Stellenbosch LaunchLab besigheidsinkubator, ontwikkel is, word voorlopig op 27 Maart 2017 saam met 27 ander nanosatelliete na die Internasionale Ruimtestasie (ISS) gelanseer.  

Die satelliet sal na die ISS vervoer word in 'n Cygnus-kapsule, wat voorraad na die ruimtevaarders op die ISS sal neem. Die lansering van die satelliete kan lewendig gevolg word by die volgende skakel: https://www.nasa.gov/multimedia/nasatv/index.html#public

Dié Suid-Afrikaanse nanosatelliet, ZA-AeroSat, weeg slegs 2 kg en vorm deel van 'n internasionale projek, die QB50-projek, wat 36 nanosatelliete bekend as “CubeSats” na die ruimte sal lanseer. Hierdie CubeSats is elk ongeveer 10cm x 10cm x 20cm groot (kleiner as 'n skoendoos) en sal gebruik word om metings van die laer termosfeer tussen 200km en 400km bo die aarde in te samel.

ZA-AeroSat is afgelewer aan 'n ruimtemaatskappy in Delft, Nederland, waar dit saam met die ander satelliete verpak is voordat dit na NASA in die VSA verskeep is. Die satelliete, nou verpak in die Cygnus-kapsule, is tans geïntegreer in 'n Atlas V-vuurpyl wat volgens beplanning op Dinsdag 27 Maart 2017 om 04:00 (SA tyd) sal lanseer.

Die satelliete sal ontvang word deur die ruimtevaarders op die ISS en sal ongeveer 'n maand later vrygelaat word in die ruimte. Hoë definisie foto’s en videos van die satelliete wat vrygelaat word, sal beskikbaar gemaak word ná die vrylating.  

Verklaring verskaf





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.