On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

General

#InternationalWomensDay: Gelykheid in werkplek só belemmer

───   17:45 Fri, 08 Mar 2019

#InternationalWomensDay: Gelykheid in werkplek só belemmer | News Article

Vordering ten opsigte van geslagsgelykheid sal slegs bespoedig word wanneer die meerderheid mans meer onbetaalde versorgingstake aanpak. Dit was die VN se mening op die vooraand van Internasionale Vrouedag, wat vandag op 8 Maart gevier word.


Die Verenigde Nasies se Internasionale Arbeidsorganisasie het in 'n nuwe verslag gesê dat daar 'n aantal faktore is wat gelykheid in die werkplek belemmer. Die grootste hiervan is die swaar versorgingslas wat deur vroue gedra word.

Volgens hierdie verslag doen amper 22% van volwasse vroue wêreldwyd voltyds onbetaalde versorging. Slegs1,5% van mans doen sulke werk op 'n voltydse basis.

Wêreldwyd spandeer vroue gemiddeld vier uur en 25 minute per dag aan onbetaalde versorging, in vergelyking met mans se een uur en 23 minute. Daar word dikwels daarna verwys dat werkende vroue 'n "tweede skof" by die huis het. Sommige vroue is egter gelukkiger wat hulp betref as ander.

Die verslag het bygevoeg dat dit negatiewe gevolge vir die gesondheid en welsyn van vroue inhou, en ‘n negatiewe uitwerking op bevorderingsmoontlikhede in die werkplek het.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.