On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Drie Mosambiekers hof toe ná aanranding van Brits-vrou

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 06:30 Sat, 23 Nov 2024

Drie Mosambiekers hof toe ná aanranding van Brits-vrou | News Article
Foto: Facebook

Die drie verdagtes wat van aanranding op ’n vrou van Noordwes aangekla word, bly in aanhouding tot hulle Woensdag (27/11) weer in die hof verskyn.

Die Mosambiekers Lloyd Ngobeni (31), Mark Ratau (40) en Alex Tivan (22) het Woensdag voorgekom in die Brits-landdroshof op aanklagte van huisroof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, sê kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die drietal word daarvan verdink dat hulle die 64-jarige op ’n plaas naby Brits aangerand het.

Volgens Myburgh is die slagoffer, wie se naam nie bekend gemaak is nie, Donderdag (7/11) in die vroeë oggendure op die plaas Wildebeesfontein in die Assen-omgewing, naby Brits, in haar slaap oorval.

Die verdagtes was in besit van ’n 9 mm-pistool en ’n magasyn met 36 rondtes ammunisie. Foto: Canva

“Die verdagtes het haar na bewering met ’n vuurwapen oor die kop geslaan, haar met skoenveters vasgebind en haar mond met maskeerband toegeplak. Hulle het toe die huis geplunder en verskeie items gesteel, waaronder klere, juweliersware, gereedskap, selfone, ’n skootrekenaar en ’n kamera,” sê Myburg.

Die wit Volkswagen Polo wat tydens die aanval gebruik is, is deur beamptes van Britse se polisiekantoor uitgeken. Die eienaar is opgespoor en belangrike inligting is bekom wat tot die verdagtes se inhegtenisneming gelei het.

Reeksnommer verwyder

Myburg sê die eienaar van die voertuig het die motor aan Ngobeni geleen, wat Maandag (11/11) in Mamelodi-Oos, naby Pretoria, aangekeer is.

“Tydens sy inhegtenisneming het die polisie op ’n skootrekenaar, juweliersware en die Volkswagen Polo beslag gelê. Kort daarna is die ander twee in die Assen-omgewing in hegtenis geneem.

“Selfone is by Tivan gevind, terwyl Ratau in besit was van ’n 9 mm-pistool en ’n magasyn met 36 rondtes ammunisie.” Die reeksnommer van die is pistool verwyder.

OFM Nuus/Charné van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.