On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat gereed ná waarskuwing oor intense koue, ligte sneeu

───   13:00 Sun, 29 Sep 2024

Vrystaat gereed ná waarskuwing oor intense koue, ligte sneeu | News Article
Ligte sneeuval oor bergpieke rondom Rouxville en Harrismith verwg. Foto: Facebook

“Weervoorspelling dui ligte sneeuval oor bergpieke rondom dorpe soos Rouxville en Harrismith in die Vrystaat aan.”

Ná verlede naweek se verwoestende sneeuneerslae in Sentraal-Suid-Afrika, wat verkeersopeenhopings op paaie in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Oos-Kaap veroorsaak het, word slegs ligte sneeu aan die begin van die week oor die Drakensberge verwag. Die Wes-Kaap verwag egter swaarder sneeuneerslae.

Daar word reënval in sommige dorpe van die Xhariep-distrik, asook koue weerstoestande in die meeste dele van die Vrystaat voorspel, volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens. 

Die weervoorspelling dui wel ligte sneeuval oor die bergpieke rondom dorpe soos Rouxville en Harrismith in die Vrystaat aan. Hierdie weerstoestande sal na verwagting tot Dinsdag voortduur.


Cogta het die Komitee van die Provinsiale Gesamentlike Operasies byeengeroep en geaktiveer (ProvJoc) ter voorbereiding van enige gebeurlikhede as gevolg van die weerstoestande. 

Die samewerking van alle relevante provinsiale departemente en munisipaliteite sal ’n gekoördineerde en vinnige reaksie verseker in geval van enige situasie wat mag ontstaan.  

Die departemente van maatskaplike ontwikkeling, gesondheid, landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake is gereed met humanitêre hulp, mediese nooddienste is gereed en op bystand, veeveiligheid en omgewingsbeskermingsmaatreëls is in plek, en spanne is op bystand om die nodige ondersteuning te bied.

In die Xhariep-distrik is spanne op bystand om padveiligheid in die sneeu-geaffekteerde gebiede te handhaaf. Die departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer het skrapers uitgestuur in Rouxville, Petrusburg, Fauresmith, Trompsburg, Harrismith en ’n TLB in Van Reenen om hierdie gebiede in noodgevalle te kan bystaan.  

Intussen is vier verkeersbeamptes en een openbare beskermer ook ontplooi en werk saam met die KwaZulu-Natal-Padverkeerspan (KZN RTI) by die Snow Satellite by Van Reenen op die N3-hoofweg. 

Alle voorbereidings voldoen aan die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet No. 57 van 2002) wat paraatheid, voorkoming en koördinering van noodreaksie vereis oor staatsdepartemente heen.  

‘Hierdie stelsel verskil aansienlik van vorige naweek s’n’

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hierdie stelsel verskil aansienlik van die vorige naweek s’n, daarom is die verwagte impak nie so beduidend nie.

Die weerdiens sal voortgaan om verwikkelinge met betrekking tot hierdie weerstelsel te monitor en sal daaropvolgende opdaterings uitreik, soos vereis. 

Die publiek word versoek en aangemoedig om gereeld weervoorspellings op televisie en radio te volg, veral indien hulle beplande aktiwiteite in die natuur of reisplanne het.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.