On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Central SA

Nog drie verdagtes vas ná moord op Kuruman-boer

───   HEIDRÈ MALGAS 09:20 Sun, 29 Sep 2024

Nog drie verdagtes vas ná moord op Kuruman-boer | News Article
Foto: Facebook

“Al vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 18 en 26, sal binnekort in die hof verskyn. Die ondersoek is steeds aan die gang.”

Die polisie in Kuruman het nog drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord op die 81-jarige boer van Kuruman.

Hendrik Venter is Vrydag (27/9) dood aangetref by ’n buurplaas se hek.

“Hendrik Venter het sy plaas tussen Kuruman en Hotazel om 08:30 verlaat om sy beeste te gaan versorg. Sy liggaam is omstreeks 09:45 langs sy voertuig gevind met wonde aan sy kop,” het Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, gesê. “Daar word ook beweer dat ’n onbekende bedrag geld vermis word.”

“Die verdagtes is Saterdag (28/9) omstreeks 10:30 op Hotazel aangekeer,” sê Ehlers. Al vier verdagtes, tussen die ouderdomme van 18 en 26, sal binnekort in die hof verskyn. Die ondersoek is steeds aan die gang.”

Die Noord-Kaapse Provinsiale Kommissaris, lt.genl. Koliswa Otola, het die beamptes geloof vir hul vinnige optrede en deursettingsvermoë wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

Verder het Agri Noord-Kaap ’n verklaring uitgereik waarin hulle met skok verneem van die moord op een van hul lede in die Agri Kuruman-distrik. “Ons veroordeel die moord op wyle mnr. Hendrik Venter ten sterkste en is uiters geskok oor die barbaarse wyse waarop die moord gepleeg is. Ons meegevoel gaan aan sy vrou, Odine Venter, die kinders en die hele familie.”

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.