On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Hartswater-veiligheidswagte gevonnis ná hulle eie reg gebruik

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:23 Fri, 27 Sep 2024

Hartswater-veiligheidswagte gevonnis ná hulle eie reg gebruik | News Article
Noord-Kaapse polisiehoof loof speurspan vir hul harde werk en toewyding. Foto: iStock

“De Bruin en Muller het twee individue op die plaas gewaar en, met die veronderstelling dat hulle waatlemoene steel, eie reg gebruik.”

Twee veiligheidswagte van Hartswater in die Noord-Kaap is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord.

Die hooggeregshof in Kimberley het Kabelo Edward de Bruin (27) en Goitsemang Piet Muller (37) elk Maandag (23/9) 25 jaar tronkstraf vir die moord op Pieta Modingwana (27) opgelê, sê lt.kol. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die vonnisoplegging spruit uit ’n voorval in 2019 op ’n plaas naby Magogong, Hartswater.

‘Die ander verdagte is vasgebind en in ’n pakkamer gelos’

“De Bruin en Muller het twee individue op die plaas gewaar en, met die veronderstelling dat hulle waatlemoene steel, eie reg gebruik. Hulle het Modingwana noodlottig geskiet en ’n man aangekeer wat saam met hom was.”

Volgens Kock het Modingwana na sy huis in Magogong probeer vlug toe hy op 2 Januarie daardie jaar twee keer in die buik geskiet is. “Die ander verdagte is vasgebind en in ’n stoorkamer gelos.”

Inwoners het die voorval by die polisie aangemeld, en Modingwana is na die hospitaal geneem, waar hy twee dae later aan sy beserings beswyk het. Verdere polisieondersoeke het gelei tot die ontdekking van die tweede man, wat in ’n pakkamer aangehou was.

Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, loof ao. Tiisetso Chabeli (foto), ondersoekbeampte, en die Hartswater-speurspan vir hul harde werk. Foto verskaf

Kock sê Dawie Oosthuizen (62), die eienaar van die plaas, is saam met De Bruin en Muller in hegtenis geneem. “Oosthuizen is egter op borgtog vrygelaat en is in Desember 2022 aan natuurlike oorsake oorlede, voor die verhoor afeghandel is.”

De Bruin en Muller is tot 25 jaar gevonnis vir moord, tien jaar vir ontvoering en drie jaar vir aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hulle is ook tot ses jaar gevonnis vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Al die vonnisse moet gelyktydig uitgedien word.

Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, het ao. Tiisetso Chabeli (foto), ondersoekbeampte, en die Hartswater-speurspan geloof vir hul harde werk en toewyding.

OFM Nuus cg/mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.