On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Hartswater-veiligheidswagte gevonnis nadat hulle reg in eie hande neem

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:23 Fri, 27 Sep 2024

Hartswater-veiligheidswagte gevonnis nadat hulle reg in eie hande neem | News Article
Noord-Kaapse polisiehoof loof speurspan vir hul harde werk en toewyding. Foto: iStock

“De Bruin en Muller het twee individue op die plaas gewaar en, met die veronderstelling dat hulle waatlemoene steel, reg in eie hande geneem. Hulle het Modingwana noodlottig geskiet en nog ’n man wat saam met hom was, aangekeer.”

Twee veiligheidswagte is Maandag (23/9) lewenslange tronkstraf toegedien vir die moord.

Die hooggeregshof in Kimberley het Kabelo Edward de Bruin (27) en Goitsemang Piet Muller (37) elk 25 jaar tronkstraf vir die moord op Pieta Modingwana (27) opgelê, sê lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

Die vonnisoplegging spruit uit ’n voorval wat in 2019 op ’n plaas naby Magogong, Hartswater, plaasgevind het.

‘Die ander verdagte is vasgebind en in ’n stoorkamer gelos’

“De Bruin en Muller het twee individue op die plaas gewaar en, met die veronderstelling dat hulle waatlemoene steel, reg in eie hande geneem. Hulle het Modingwana noodlottig geskiet en nog ’n man wat saam met hom was, aangekeer.”

Volgens Kock het Modingwana na sy huis in Magogong probeer vlug toe hy op 2 Januarie 2019 twee keer in die buik geskiet is. “Die ander verdagte is vasgebind en in ’n stoorkamer gelos.”

Die plaaslike gemeenskap het die voorval by die polisie aangemeld, en Modingwana is na die hospitaal vervoer, waar hy twee dae later aan sy beserings beswyk het. Verdere polisie-ondersoeke het gelei tot die ontdekking van die tweede man, wat in die stoorkamer aangehou is.

Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het die ondersoekbeampte, ao. Tiisetso Chabeli (foto) en die Hartswater-speurspan geloof vir hul harde werk. Foto verskaf

Kock sê Dawie Oosthuizen (62), die eienaar van die plaas, is saam met De Bruin en Muller in hegtenis geneem. “Oosthuizen is egter op borgtog vrygelaat en is in Desember 2022 aan natuurlike oorsake oorlede, voordat die verhoor tot sy einde gekom het.”

De Bruin en Muller is tot 25 jaar gevonnis vir moord, 10 jaar vir ontvoering en drie jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle is boonop ses jaar gevonnis vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die hof het beslis dat alle vonnisse samelopend uitgedien sal word.

Ao. Tiisetso Chabeli, die ondersoekbeampte, en die Hartswater-speurspan is deur lt.genl. Koliswa Otola, Noord-Kaapse polisiehoof, geloof vir hul harde werk en toewyding.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.