On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Beweerde moord by dwelmhuis in Bloemfontein maak opslae

───   08:00 Fri, 09 Jun 2023

Beweerde moord by dwelmhuis in Bloemfontein maak opslae | News Article
Die owerhede observeer die dwelmhuis deurlopend. FOTO: Verskaf

’n Bloemfonteinse dwelmhuis maak opslae nadat ’n moord en verskeie misdade na bewering daar gepleeg is.

Die bestuurder van die Fichardtpark-woonbuurtassosiasie, Jacques Meiring, sê hulle is al sedert 2015 bewus van die beweerde dwelmhuis in Castelynrylaan.

“Die huis bly onder observasie en optredes en arrestasies vind heeltyd plaas in samewerking met die polisie.”

Die vermoorde man se lyk is glo in die huis agtergelaat. FOTO: Verskaf

Op sosiale media word beweer iemand al daar vermoor en talle mense is al daar in hegtenis geneem. Na bewering is die vermoorde man se lyk in die huis agtergelaat.

Meiring sê hulle het ná skriftelike klagtes van inwoners gaan help om die erf skoon te maak en self daarvoor betaal.

Die assosiasie het al gaan help om die erf skoon te maak en self daarvoor betaal. FOTO: Verskaf

Hy sê die huis word gemonitor maar enige ander optrede sal deur die polisie gedoen moet word. Die assosiasie is net bewus van moordverdagtes, maar die saak is deur die polisie hanteer.

Talle bure het skriftelike klagtes by die Manguang-metro ingedien, maar steeds word niks aan die saak gedoen nie.

Die Fichardtpark-woonbuurtassosiasie, Jacques Meiring, sê hulle is al sedert 2015 bewus van die beweerde dwelmhuis in Castelynrylaan. FOTO: Verskaf

Die polisiewoordvoerder Thabo Covane sê by navraag die polisie is bewus van die huis, maar hy het geen verdere inligting verskaf nie.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.