On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Regering versoek om plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad te verklaar

───   16:37 Thu, 18 Aug 2022

Regering versoek om plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad te verklaar | News Article
PHOTO: Gallo Images/Brendan Croft

Die plaasmoord wat 15 km buite Olifantshoek in die Noord-Kaap plaasgevind het, word as brutaal en sinneloos beskou. Dit is volgens die Demokratiese Alliansie (DA) se parlementslid, Willem Aucamp.

Aucamp het aan OFM-nuus gesê hy wil graag aandag daarop vestig dat die regering dringend weer moet kyk na die vestiging van 'n landelike veiligheidseenheid, en dat plaasaanvalle as 'n prioriteitsmisdaad verklaar moet word.

LEES OOK: Manhunt launched after farm murder in Northern Cape

 Hy het gesê die DA sal druk op die polisie plaas om te verhoed dat die moord lank neem om opgelos te word, soortgelyk aan die Brand-familiemoord wat in Julie 2020 in Hartswater, in die Noord-Kaap, plaasgevind het.

LEES OOK: Brand family triple murder case postponed

Aucump het verder bygevoeg dat boere in Suid-Afrika dringend bygestaan moet word. Die DA kan nie toelaat dat boere aan hierdie tipe misdaad uitgelewer word sonder dat sekuriteit aan hulle verskaf word nie.

Volgens Aucamp, wat met Andrew Olivier , die man van die slagoffer gepraat het, is die verdagtes sy plaaswerkers. Aucamp berig dat Olivier sy roetine-ondersoeke rondom die plaas gedoen het toe die verdagtes hom aangeval het. Hy het die verdagtes gesmeek om nie sy lewe te neem nie. Die aanvallers het glo die slagoffer se besittings gevat voordat hulle hom vasgebind aan 'n boom gelaat het, waar hy vir meer as 24 uur vasgebind was.

Die familie van die slagoffers het probeer om hulle te kontak, maar het misluk. Hulle het daarom die buurman gekontak om te vra oor die Oliviers. Dit is toe dat mev. Olivier se lewelose liggaam deur 'n buurman in die huis ontdek is. Die oorsaak van haar dood is in hierdie stadium onduidelik aangesien sy aan gesondheidskomplikasies gely het, wat moontlik deur die aanval vererger kon word.

Volgens Aucamp het die buurman dadelik die polisie en veiligheidsbeamptes gekontak toe hy mev. Olivier gekry het. 'n Soektog is toe na haar man van stapel gestuur, hommeltuie en helikopters is gebruik om hom op te spoor en te red met die hulp van die polisie en die veiligheidsbeamptes.

In 'n soortgelyke voorval sal twee verdagtes na verwagting volgende maand in die Kestell-landdroshof verskyn. Dit nadat sewe mense op die plaas Lismore, buite Kestell, in die Vrystaat vermoor is.

LEES OOK: #NuusPasIn: Sewe mense op plaas buite Kestell vermoor

Die Minister van Landbou, Thoko Didiza, het vroeër vandeesmaand die misdaad met die sterkste minagting wat dit verdien, veroordeel en bygevoeg dat die moord op boere en plaaswerkers 'n negatiewe impak op die landbousektor het. Didiza het 'n beroep op die polisie gedoen om alles in hulle vermoë te doen om oortreders so gou as moontlik vas te trek. Dit was tydens haar reaksie op nog 'n voorval wat in die Wes-Kaap gebeur het.

LEES OOK: Agri podcast: Minister reacts to news of farm murder

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.