On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

64-jarige in hof nadat hy familielede met skaapskêr steek

───   ELSABÉ RICHARD 11:42 Fri, 05 Aug 2022

64-jarige in hof nadat hy familielede met skaapskêr steek | News Article
PHOTO: Twitter

'n 64-jarige man van Verkeerdevlei sal na verwagting volgende week weer in die Brandfort-landdroshof verskyn nadat hy na bewering vier mense, wat sy dogter en twee kleinkinders insluit, met 'n skaapskêr gesteek het.

Die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die verdagte, Buti Nkone, het sy gesin vir vier uur lank daarna gyselaar gehou. Hulle is later deur die polisie se taktiese reaksiespan gered.

Die motief vir die misdaad is in dié stadium nog onbekend.

Nkone het Donderdag in die Brandfort-landdroshof verskyn, maar sy saak is vir ’n formele borgtogaansoek na 11 Augustus in dieselfde hof uitgestel.

Dié voorval kom te midde van kommer oor gewelddadige misdaad wat oral in Suid-Afrika nuusopskrifte haal.

Van hierdie misdade sluit in die moord op sewe mense - wat ses vroue en ‘n 17-jarige seun ingesluit het - op die plaas Lismore, buite Kestell, in die Vrystaat; sowel as 'n 60-jarige boer van Clocolan wat verlede week in die bobeen geskiet is deur een van twee verdagtes wat hy op heterdaad in sy huis betrap het.

Niemand is al in verband met die laasgenoemde voorval in hegtenis geneem nie. Dit, terwyl twee Lismore-moordverdagtes op 14 September in die Kestell-landdroshof sal verskyn.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.