On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

#Coronavirus: Plek van veiligheid vir haweloses in Noord-Kaap

───   10:41 Fri, 27 Mar 2020

#Coronavirus: Plek van veiligheid vir haweloses in Noord-Kaap | News Article

Die hoof van die Menseregtekommisie in Upington, advokaat Chantelle Williams, sê hulle wil seker maak dat die geriewe wat geoormerk is om hawelose persone tydens die nasionale inperking te huisves voldoen aan die regte standaarde.


Williams sê hulle is deurentyd in samespreings met alle belanghebbendes in 'n poging om te verseker dat geen inwoners se regte op enige wyse misken word nie. 

Sy voeg by die departement van maatskaplike ontwikkeling is in die proses om 'n plek van veiligheid vir haweloses aan te wys, en sal aan die reëls en regulasies moet voldoen. 

Williams sê basiese dienste soos water en sanitasie, asook behoorlike en veilige infrastruktuur is van kardinale belang, terwyl die beskikbaarheid van behoorlike mediese sorg ook 'n prioriteit is.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.