On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vyf tydens swaar reën in ongeluk beseer

───   09:30 Sun, 10 Nov 2019

Vyf tydens swaar reën in ongeluk beseer | News Article

Vyf persone is gisteraand in ‘n ongeluk in Beefwoodweg in Vanderbijlpark, in die Vaaldriehoek beseer.


Dit, volgens ER24-woordvoerder, Ross Campbell, wat aan OFM-nuus verduidelik het dat 'n man - vermoedelik in sy laat 20's - en vier vroue tydens swaar reënval in ‘n botsing reg van voor beseer is. 

Campbell sê ER24-paramedici het die vier vroue gevind waar hulle buite hul voertuig gestaan het, terwyl die man steeds in die bestuursitplek van sy ligte motorvoertuig vasgevang was.

Campbell het ook aan OFM-nuus gesê dat die presiese oorsaak van die ongeluk in dié stadium nog onbekend is.


OFM-nuus/Elsabé Richard


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.