On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Bestuurder in NW-ongeluk glo sonder rybewys

───   12:17 Wed, 23 Oct 2019

Bestuurder in NW-ongeluk glo sonder rybewys | News Article
PHOTO: SABC News

Die 26-jarige vragmotorbestuurder wat na bewering die naweek ‘n boom getref het, wat die lewens van agt leerlinge geëis het by die Lobatla-Driefontein-kruising buite Zeerust in Noordwes, is glo nie in besit van ‘n rybewys nie.


Dit is volgens polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, wat aan OFM-nuus gesê het die verdagte is slegs ‘n leerlingbestuurder.

OFM-nuus het voorheen berig dat die insident gebeur het toe minstens 30 leerders van die Ratsela Middelskool en Letlhakane Primêre Skool in Rietpan naby Zeerust in 'n ongeluk betrokke was. Ses leerders is op die toneel dood verklaar. Nog twee leerders is later oorlede.

Volgens Mokgwabone staan die verdagte tereg op aanklagte van strafbare manslag, roekelose en/of nalatige bestuur en bestuur sonder ‘n rybewys. Hy sal na verwagting vandag in die Lehurutshe-landdroshof verskyn.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.