On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Platberg-veldbrand eis 700 hektaar plantegroei

───   08:32 Mon, 07 Oct 2019

Platberg-veldbrand eis 700 hektaar plantegroei | News Article

Die Platberg-veldbrand wat sedert Woensdag by Harrismith in die Vrystaat ontstaan het, is gister onder beheer gebring deur die Working on Fire span in samewerking met plaaslike boere, Rampbestuur en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging.


Die brand het gisteroggend nog aan die kant van die die berg voortgeduur waar die grondeienaar die brand met eie hulpbronne onder beheer gebring het.

Volgens Sakkie van der Schyff van die Free State Umbrella Fire Protection Association, het die veldbrand sowat 700 hektaar se plantegroei vernietig, wat meestal net indringerplante soos die Swart Wattle ingesluit het. Van der Schyff het ook gesê dat die brand ‘n totale area van ongeveer 6000 hektaar beslaan het. Hy het ook bygevoeg dat boere hul diere verwyder het voordat die brand versprei het. Van der Schyff sê wel dat die organisasie in dié stadium nie seker is hoeveel wilde diere in die brand omgekom het nie.

Jan de Villiers, van dieselfde organisasie, het gesê die wind het 'n groot rol gespeel in die poging om die vuur onder beheer te kry.

OFM-nuus het voorheen berig dat niemand in die brand beseer is nie. Johann Breytenbach, voorsitter van die Vrystaatse sambreelliggaam vir brandverenigings, het bygevoeg dat brandgevare in hierdie stadium baie hoog is en volgens hom het hulle minstens twee bogemiddelde brande geblus. Breytenbach het ook gesê dat die span Saterdag (5 Oktober) nog 'n brand in Fouriesburg bestry het.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.