On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Nog munisipale stakings oor salarisse

───   09:10 Thu, 01 Aug 2019

Nog munisipale stakings oor salarisse  | News Article

Munisipale werkers van die Bojanala Platinum Distrik-munisipaliteit in die Noordwes het nie hul salarrisse betyds ontvang nie omdat die Provinsiale Tesourie die munisipaliteit se billike aandeeltoelae weerhou het.


Daar word beweer dat die toelae wel môre aan munisipaliteite sal uitbetaal en dat salarisse dan aan werknemers betaal kan word.

Ses van die nege munisipaliteite sal na bewering toelae kry. Intussen kon OFM-nuus nie kommentaar van die munisipaliteit kry nie. Werkers het gister bande gebrand in hoofpaaie wat in en uit Rustenburg beweeg. Die Nelson Mandela- en Beyers Naudé-kruising is ook met bande en klippe afgesper. Die polisiewoordvoerder in Rustenburg, Elsabé Augoustides, het bevestig dat openbare orde polisie moes ingryp om orde te herstel en brandende bande uit die pad te verwyder. Daar word glo ‘n massa-aksie vir Vrydag beplan.

 

OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.