On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteiners bekommerd oor halfweghuis vir voormalige gevangenes

───   16:29 Wed, 15 May 2019

Bloemfonteiners bekommerd oor halfweghuis vir voormalige gevangenes | News Article

Die Departement van Korrektiewe Dienste het inwoners van Universitas in Bloemfontein kennis gegee van die ontwikkeling van ‘n halfweghuis in Scholtzstraat vir gevangenes wat op parool vrygelaat is, maar geen ondersteuningstrukture het nie.

 

André Grobler, GPF-voorsitter van dié sektor, sê misdaadbekamping is hier reeds onder druk en onaanvaarbaar hoog. Talle inwoners is bekommerd oor dié halfweghuis omdat die gebied glo reeds deur misdaadelemente geteister word, wat veral op studente en bejaardes fokus. Daar is ook skole in die nabye omgewing.

Die departement nooi inwoners uit na ‘n inligtingsessie Woensdagmiddag net ná 17:00 in Scholtzstraat waar die saak volledig bespreek sal word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.