On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Twee mense in hegtenis geneem vir die dood van Bfn-vrou

───   SAZLY HARTZENBERG 10:30 Sat, 19 Jan 2019

Twee mense in hegtenis geneem vir die dood van Bfn-vrou | News Article
Photo for illustrative purposes only

‘n Man en vrou wat glo in hul 20's is, is in hegtenis geneem en aangekla van die moord op die 74-jarige vrou, Angelina Thibeletsa, van Bloemfontein.


Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, gaan die verdagtes Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Mbambo het verduidelik dat die 74-jarige vrou op 14 Januarie as vermis gerapporteer is. Daar word beweer dat die verdagtes wat huurders by haar was, die oorledene beroof het, haar glo doodgemaak het en met haar lyk in die motor na Kroonstad gery het waar hulle dit verlate gelos het.

Intussen het die gemeenskap van Rocklands en Bochabela, waar Thibeletsa se kerk is, hul skok uitgespreek. Sy was bekend as 'n toegewyde kerkganger en was baie geliefd in haar gemeenskap. Thibeletsa het geen kinders gehad nie en het alleen gewoon ten tyde van haar dood.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.