On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Kroonstadse lewende hawe veiling vind wel plaas ná onsekerheid

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:24 Tue, 07 Apr 2020

Kroonstadse lewende hawe veiling vind wel plaas ná onsekerheid | News Article
FOTO: André Kock en Seun Limpopo

Die weeklikse lewende hawe veiling in Kroonstad in die Vrystaat gaan vandag voort.


Dit kom nadat daar verwarring was oor of dié veiling, wat deur die afslaershuis, André Kock en Seun, weekliks op 'n Dinsdag aangebied word, moet voortgaan, nadat 'n boer op 24 Maart vlugtig dié veiling bygewoon het voordat hy postief vir die koronavirus getoets het. 

Hennie Wille, 'n afslaer en eienaar van dié veilingshuis in die provinsie, sê daar was onsekerheid oor of die veiling deel van die voedselwaardeketting is en as 'n noodsaaklike diens beskou word. Die regering se Covid-19-protokol bepaal egter dat veilings van lewende hawe, onder streng voorwaardes, kan geskied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wille gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié veilings is deel van die voedselketting en slagpale is afhanklik van die volumes beeste vir hul vleis om op winkelrakke aan verbruikers beskikbaar te stel.

Volgens Wille word die nodige veiligheidsregulasies wat vereis word tydens die nasionale inperkingstydperk van 21 dae weens die uitbreking van dié virus in die land, streng by die veiling toegepas.

Die nodige handreinigers is beskikbaar, daar word nie meer as 'n honderd mense op die perseel toegelaat nie en slegs kopers word in die veilingsring toegelaat. Die nodige afstand tussen mense word ook gehandhaaf. Verkopers laai slegs voor die veiling die diere wat hulle wil verkoop op die veiling af. Daar word dan met bemarkers of die veilingshuis ooreengekom oor die verkoper se vereiste prys. Verkoopte diere word onmiddellik of die volgende dag weggery.

Hy sê daar is geen rede tot kommer oor die veilingheidsituasie by die veiling nie. Dit is te verstane dat boere skrikkerig is om die veiling by te woon nadat die spesifieke boer op die veiling was nadat hy vermoedelik op 'n gholftoer saam met oud-Springbokke besmet is. Dié boer, wat aan OFM-nuus bekend is, maar wie se identiteit weerhou word totdat hy sy goedkeuring gee, het eers nadat hy die veiling bygewoon het positief getoets en mense kan gerus wees, want sy inkubasietydperk van 14 dae is al bykans verstreke, sê Wille.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.