On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Veilinghuis volg streng veiligheidsmaatreëls

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:02 Mon, 06 Apr 2020

Veilinghuis volg streng veiligheidsmaatreëls | News Article

Die afslaershuis, André Kock en Seun in die Vrystaat, gee sy versekering dat alle veiligheidsregulasies soos deur die regering vereis word, by sy weeklikse veilings van lewende hawe in Kroonstad toegepas word.


Veilings van lewende hawe kan voortgaan tydens die nasionale inperking weens die koronavirus, want dit is deel van die landboubedryf wat deur die regering as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer word.  Die nodige higiëne is van groot belang, 'n veilige afstand moet gehandhaaf word en daar mag nie meer as 'n honderd mense  by 'n veiling byeen wees nie. Hennie Wille, eienaar, van dié veilingshuis in die provinsie, sê, daar is op 24 Maart 'n veiling by hul veilingskraal in Kroonstad gehou en 'n boer, wat later positief getoets het vir die Covid-19-virus, het die veiling bygewoon. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wille gepraat...

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê dié boer wat positief getoets het, was op 'n gholftoer saam met oud-Springbokrugbyspelers gewees, waar hy na wat verneem word die koronavirus opgedoen het. 

Wille sê dié boer was op hulle veiling, maar was nie lank daar nie en hy was nie met baie mense in aanraking gewees nie. Dié boer, wie se identiteit aan OFM-nuus bekend is, maar weerhou word totdat hy goedkeuring gee om sy besonderhede bekend te maak, het eers later positief getoets nadat hy by die veiling was. 

Volgens Wille was die nodige veiligheidsmaatreëls ook ten tyde van dié veiling, toegepas. Almal het 'n veilige afstand gehandhaaf en in die veilingsring is slegs kopers en verkopers toegelaat. Die nodige handreinigingsmiddels was beskikbaar en geen toeskouers is in die ring toegelaat nie.  Dié boer se broer, wat saam met hom op die betrokke gholftoer was, het ook positief vir Covid-19 getoets. Hy was egter nie op die veiling gewees nie. Daar was nie weer 'n nuwe geval ten opsigte van die koronavirus en iemand wat positief getoets het en by dié veiling was nie, sê Wille.

Met die nasionale inperking om die verspreiding van dié virus te beheer wat al meer as 'n week in Suid-Afrika ingestel is, is die prys van slagbeeste en die super- en C-graad beeste, wat vet is, baie goed, sê Wille. Dieselfde kan egter nie gesê word oor die prys van speenkalwers nie. Die prys is nie goed nie, want voerkrale koop nie aan nie weens die onsekerheid oor die onstabiele mark. 

Hy sê verder daar is geen rede tot paniek nie. Die veilingshuis se nuwe veiligheidsmaatreëls sluit ook in dat hul kantoor gesluit is en bemarking geskied slegs elektronies. Geen tjeks word meer op veilings aanvaar nie, boere laai slegs hul beeste af en verlaat die perseel.  Volgens Wille word  pryse beding met bemarkers wat toesien dat beeste teen die regte prys verkoop word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.