On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

APAC: SA is selfversorgend - daar is genoeg kos

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:53 Mon, 06 Apr 2020

APAC: SA is selfversorgend - daar is genoeg kos | News Article

Suid-Afrika is selfversorgend in voedselproduksie en verskaffing van kos.


Daarmee saam sien die  grootste gedeelte van die land se graanoes, wat nog gestroop moet word, asook die land se sitrusoes, goed daarna uit. Dit is volgens Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, APAC, wat meen daar sal genoeg kos plaaslik beskikbaar wees in die uitdagende tydperk met die nasionale inperking van 21 dae weens die uitbreking van die koronavirus. Dit is goed op dreef. Hoewel die regering dit nie amptelik bevestig het nie, meen kenners dié nasionale inperkingstydperk kan verleng word. Knowles sê hy glo vas daar sal nie 'n tekort aan kos wees nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Knowles beklemtoon egter dat die voedselwaardeketting in alle opsigte veilig moet wees. Die Covid-19 regeringsprotokol se hersiende maatreëls het juis ten doel om gate te vul ten opsigte van regulasies in die landboubedryf, wat as 'n noodsaaklike diens, beskou word. APAC doen 'n beroep op boere om voedselveiligheid te handhaaf, maar hulle moet ook na hulself en hul werknemers se welstand let. 

APAC reguleer agente in die landboubedryf ten opsigte van vars produkte op markte, lewende hawe op veilings, en die uitvoer van vars produkte. Knowles sê dit gaan oorwegend goed in plaaslike markte en die fokus op uitvoer van produkte is krities belangrik vir die land se ekonomie en die regering doen alles in sy vermoë om die land se uitvoer te stimuleer. 

Hy  sê voedselsekerheid in Suid-Afrika om die voortgesette beskikbaarheid van vars produkte en lewende hawe deur veilings te verseker is nou krities. Daarmee saam is die uitvoer van vars produkte en die verskaffing daarvan aan ander lande van belang vir die land se ekonomie.

Dit was Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, APAC, slegs op die Agri-uur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.