On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agri Hour

APAC: Plaaslike varsprodukmarkte, veilings goed op dreef

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:22 Fri, 03 Apr 2020

APAC: Plaaslike varsprodukmarkte, veilings goed op dreef | News Article

Die Landbouproduk-agenteraad, APAC, wat agente in die landboubedryf ten opsigte van vars produkte op markte, lewende hawe op veilings, en die uitvoer van vars produkte reguleer, sê dit gaan oorwegend goed in plaaslike markte.


Francois Knowles, registrateur van APAC, sê voedselsekerheid in Suid-Afrika om die voortgesette beskikbaarheid van vars produkte en lewende hawe deur veilings te verseker is nou krities. Daarmee saam is die uitvoer van vars produkte en die verskaffing daarvan aan ander lande van belang vir die land se ekonomie. Hy sê sekere grense oor die wêreld heen is steeds gesluit as voorkomingsmaatreël teen die verspreiding van die koronavirus. Dit is 'n kwessie wat APAC nie kan aanspreek nie en dit moet wel op regeringsvlak gedoen word en aandag moet aan dié kwessie geskenk word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Knowles gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê vir eers fokus APAC slegs op voedselsekerheid om te verseker dat kos aan landsburgers beskikbaar is. Dit sluit in die noodsaaklike dienste in die voedselwaardeketting wat die beskikbaarheid van vars produkte deur vars produktemarkte en platforms en beskikbaarheid van vleis deur lewende hawe veilings insluit. 

Dit is die versamelpunte waar boere produkte lewer, wat van groot belang is vir prysbepalings, asook die ekonomie wat gestimuleer moet word. Die beginpunt in die voedselstelsel sluit onder meer in kettingswinkels en slaghuise.  

Knowles sê die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het dit duidelik gestel dié noodsaaklike dienste sal voortgaan, dit is is onderworpe aan streng voorwaardes, wat die Covid-19-protokol insluit, soos higiëne, die handhawing van sosiale afstand en biosekuriteit by veilings. Plaasbedrywighede, voedselverwerking, verskaffing en die logistiekte aspek moet dus ordelik plaasvind en goed bestuur word. Hy sê dit is jammer dat die informele bedrywe soos onder meer straatsmouse nie hierby ingesluit is nie, want dié individue moet in isolasie wees. Dit is 'n aspek wat goed bestuur moet word, maar boere lewer steeds vars produkte en lewende hawe, en die voedselstelsel funksioneer goed.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.