On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Vet diere behaal goeie pryse op veilings, ander se prys daal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:25 Thu, 02 Apr 2020

Vet diere behaal goeie pryse op veilings, ander se prys daal | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, bespreek weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dit moet in ag geneem word dat met die uitbreking van die Covid-19-virus dit moeilik vir produsente isom langtermyn-besluite te neem, daarom is die prys van vet diere wat onmiddellik geslag kan word goed, terwyl speenkalwer en maer koeie se prys onder druk is. Daarmee saam is bywoning van veilings ook nie goed nie uit vrees vir die verspreiding van die koronavirus. Derksen kan daarom nie akkurate pryse verskaf nie, maar slegs tendense vir die week. Die prys vir speenkalwers onder 200kg was R31 per kg, speenkalwers tussen 200kg en 250kg het vir R29 per kg en speenkalwers oor 250kg het vir R28 per kg gegaan. 

 

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste - R26,70 per kg

Vet koeie - R21,00 per kg

Maer koeie - R16,00 per kg

Slagbulle - R22,00 per kg

Skape: 

Stoorlammers - R33,20 per kg

Slaglammers - R33,30 per kg

Stoorskape - R25,06 per kg

Vetskape - R26,12 per kg

Bokke:

Lammers - R34,00 per kg

Bokooie - R27,00 per kg

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.