On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Brangus-teler op die herstelpad ná positiewe Covid-19-toets

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:48 Wed, 01 Apr 2020

Brangus-teler op die herstelpad ná positiewe Covid-19-toets | News Article
Dries Delport by een van sy bulle FOTO: Verskaf

Die 64-jarige Dries Delport, 'n Brangus-teler van die Boshof-distrik in die Vrystaat, wat positief getoets het vir die Covid19-virus se diep geloof in God asook die mediese personeel by die Mediclinic Gariep in Kimberley het hom met min vrees gelaat.


Daar was wel oomblikke van kommer. Delport, wat nou op die herstelpad is nadat hy vir sewe dae in die hospitaal suurstof en binneaarse behandeling ontvang het, het Maandag vanaf sy plaas met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat. Hy is Sondag uit die hospitaal ontslaan nadat hy verlede Sondag per ambulans na Kimberley vervoer is toe sy bronchitis-simptome vererger het. Delport sê hy was tydens sy hospitalisasie bekommerd oor sy vrou, Daleen, en sy seun Johan se welstand op die plaas, maar het by tye tog vrede gevind het.


Sien onderstaande PODCAST


Delport het sowat vyf dae nadat hy en Johan in Maart 'n geestelike geleentheid by 'n kerk in Bloemfontein bygewoon het, siek begin voel. Sy toestand het verlede Sondag vererger. Hy het gesukkel om asem te haal en het in sweet uitgeslaan. Delport sê hy het toe gedink die oomblik het aangebreek vir hom om te sterf. Hy en sy vrou het voordat hy per ambulans na die hospitaal vervoer is, eers nagmaal op die plaas gehou. Hy het toe berusting gevind. 

Delport  is vol lof vir die mediese behandeling wat hy ontvang het en sê ook die vroulike dokter wat hom in die hospitaal behandel het, was bekwaam en het kalm gebly deur sy hele behandeling. Hulle het die nodige beskermingsmaskers, handskoene en klere aangehad, en was "toegetrek, geplak en gezip", maar hulle oë het aan hom vrede gebring, want volgens die Bybel is die oë die vensters van 'n mens se siel. 

Hy geniet dit egter nou om terug op die plaas te wees en sê  dit is 'n voorreg en 'n gawe van God. Hy het wel Sondagaand die eerste nag terug op die plaas onrustig geslaap en het kopseer gehad, maar Maandagoggend het hy beter gevoel nadat hy die regte  medikasie gebruik het. Delport het daarna 'n lekker warm bad geneem, iets wat hy nie in die hospitaal kon doen nie, en sy vrou Daleen het vir hom heerlike vleis en pap voorberei.

Delport sê nadat hy griepsimptome begin toon het, het hy onmiddellik stappe geneem om vir die Covid-19-virus getoets te word, want hy het besef daar was buitelanders by die geestelike geleentheid wat later positief vir dié virus getoets het. Hy het hom onmiddellik afgesonder. Veiligheidsmaatreëls is ook op sy plaas in plek gestel. Die twee plaaswerkers in sy diens het 'n veilige afstand gehandhaaf. Hulle is ook vir Covid-19 getoets.

Volgens hom het die departement van gesondheid hulle ook goed van hul taak gekwyt en vir Daleen en Johan ondersteun terwyl hy in die hospitaal behandel is.

Dit was Dries Delport 'n Brangus-teler van die plaas Sterkstroom tussen Boshof in die Vrystaat en Kimberley. Intussen het Delport se seun Johan aangedui hy het negatief vir dié Covid-19-virus getoets, terwyl Delport se vrou, Daleen, weer getoets word en steeds op die uitslag van dié toets wag. Skakel Donderdagoggend in op Before Dawn tussen 05:00 en 06:00 wanneer Delport 'n waardevolle boodskap aan medeboere rig.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.