On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Vryheidsfront Plus ondersteun inperkingsmaatreëls, maar strenger beheer is nodig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:42 Wed, 01 Apr 2020

Vryheidsfront Plus ondersteun inperkingsmaatreëls, maar strenger beheer is nodig | News Article
FOTO: Vryheidsfront Plus

Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga ondersteun pres. Cyril Ramaphosa se drastiese stappe om die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te beheer.


Daarmee saam vra dié party ook dat landbougemeenskappe paraat moet wees, veral tydens die staat van nasionale inperking van 21 dae om die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te bestuur. Werner Weber, provinsiale leier van dié party, sê dit is nou noodsaaklik, veral nadat 'n vooraanstaande boer van die Chrissiesmeer en Lothair-gebied in dié provinsie, Jan Randall, verlede week op sy plaas geskiet is. Weber sê Randall, wat alleen op sy plaas bly, is in die been gewond deur aanvallers, waarna hy daarin geslaag het om weg te jaag. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Weber gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Weber sê Randall het toe in sy bakkie teen 'n vragmotor vasgejaag. Randall ontvang behandeling in 'n hospitaal in Pretoria. Weber sê boere moet nou waaksaam wees, maar tog by die veiligheidsmaatreëls navolg wat deur die regering ingestel is. 

Hy sê die Vryheidsfront Plus ondersteun die regerings se nasionale staat van inperking, maar beheermaatreëls word nie streng toegepas nie. Verskeie mense het by die Lebombo-grenspos by Komatipoort tussen Suid-Afrika en Mosambiek die grens oorgesteek sonder die nodige dokumentasie. 

Daarmee saam is 'n boer, Wilna Swanepoel, van die plaas Môrester in die Bothaville-distrik in die Vrystaat , op 22 Maart met messe gewond, terwyl Dries van der Walt van die plaas Driekop by Tweeling  ook in die Vrystaat, binne die bestek van minder as 24 uur op sy plaas aangeval is. Hy is aangerand en geslaan. Sover bekend is nog niemand in verband met dié Vrystaatse aanvalle in hegtenis geneem nie. 

Dit was Werner Weber, provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.