On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid-19-slagoffer: 'Dit het gevoel of ek gaan sterf'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:04 Tue, 31 Mar 2020

#Covid-19-slagoffer: 'Dit het gevoel of ek gaan sterf' | News Article
FOTO: Pinetrest

'n Brangus-teler van die plaas Sterkstroom tussen Boshof en Kimberley sterk tuis aan nadat hy positief vir die Covid-19-virus getoets het.


Die 64-jarige Dries Delport het op 11 Maart 'n geestelike byeenkoms by 'n kerk in Bloemfontein bygewoon. Hy sê daar was buitelanders by dié ontbyt wat hy bygewoon het. Delport het vyf dae daarna griepsimptome getoon. Hy het homself afgesonder en die proses begin om vir die koronavirus getoets te word. Delport sê  sy simptome het verlede Sondag egter vererger en hy het gedink hy gaan sterf. Hy is per ambulans na die Mediclinic Gariep in Kimberley vervoer, waar hy vir 'n week behandeling ontvang het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Delport is Sondag uit die hospitaal ontslaan en sterk nou op sy plaas aan. Dit gaan onder omstandighede goed met hom en hy het Maandagoggend aan OFM-nuus gesê dit is vir hom 'n spesiale dag om op sy plaas buite in die tuin te wees en nie in 'n hospitaal in afsondering, waar mense te bang is om naby hom te kom nie. 

Hy sê verlede Sondag het sy griepsimptome vererger en hy was kortasem. Delport het gevoel of hy gaan sterf. Hy het in sweet uitgeslaan en gesukkel om asem te haal. Hy het sy vrou Daleen geroep en hulle het saam Nagmaal gebruik om die Here te loof en prys vir Sy bloed waarmee hy vir die mens se sonde betaal het. "Ek het vir die Here gesê dit is goed as ek gaan (sterf), ek het vrede daarmee. Daarna het daar 'n verligting oor hom gekom, dit het gevoel of die sluier gelig is."

Delport is per ambulans na die hospitaal vervoer waar hy sewe dae behandeling ontvang het. Hy is vol lof vir die mediese personeel wat hom behandel het. Hy sê dit was 'n "sielkundige aanslag" vir hom. Delport was in 'n tweestryd gewikkel, want dit het gegaan oor sy lewe asook 'n sielkundige stryd op 'n geestelike grondslag, maar hy het vrede in dié verband gehad. Sy vrees om te sterf het weggegaan.

 Daleen en hul seun Johan is ook getoets vir dié virus en wag nog vir die uitslag van dié toetse. 

Dit was Dries Delport van die Boshof-distrik. Skakel Woensdagoggend in op Before Dawn, wanneer Delport vertel van die behandeling wat hy ontvang het en die regering se hulpverlening ten opsigte van sy positiewe Covid19-uitslag.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.