On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19: VL-identifikasiepermit slegs vir sy lede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:07 Mon, 30 Mar 2020

#Covid19: VL-identifikasiepermit slegs vir sy lede | News Article

Dit is dag vier van die nasionale inperking in 'n poging om die verspreiding van die Covid19-virus in Suid-Afrika te beheer.


Die landboubedryf is egter as een van die noodsaaklike dienste geklassifiseer, wat tydens dié tydperk met bedrywighede kan voortgaan. Dit is egter gekoppel aan streng regulasies, wat verlede week deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, beskikbaar gestel is. 

Die oorspronklike regulasies is intussen ook deur die departement hersien en word nou versprei. Gernie Botha, Vrystaat Landbou (VL) se regsadviseur, sê dié protokol bevat 'n algehele dokument wat dit vir diegene wat noodsaaklike dienste lewer, moontlik maak om tydens die nasionale inperkingstydperk van 21 dae rond te beweeg. Dié permit dien as 'n vorm van identiteit wat deur werkgewers voltooi moet word en deur hulself asook hul werknemers, byderhand gehou moet word. VL het  bykomend ook 'n identifikasiepermit vir sy lede beskikbaar gestel. Dit kan deur bona fide-boere en hul werknemers gebruik word, maar dié hulpmiddel word nou misbruik deur mense wat nie deel van die bedryf is nie.....

OFM-nuus se Christal-lize Muller het met Botha gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê dié VL-permit is aan uitsluitlik dié organisasie se bona fide-boere beskikbaar gestel om hul taak ten opsigte van kosproduksie tydens die inperkingsperiode te vergemaklik en op grond van die feit dat hulle wel produsente is. Die algehele verspreiding en hantering van dié dokument skep egter nou 'n gevaarsituasie omdat mense dit gebruik en hulle voordoen as bona fide-produsente, terwyl hulle nie produsente is nie. Mense buit dit nou uit om gekwalifiseer te word as 'n noodsaaklike diens wat dit moontlik maak vir hulle om rond te beweeg.

Botha sê VL wil dit duidelik stel dat hy geen verantwoordelikheid neem vir diegene wat 'n wanvoorstelling maak dat hulle produsente in die landboubedryf is nie. Indien 'n mens of 'n entiteit valslik voorgee om 'n bona fide-produsent te wees, moet daar deur die wetstoepassers in terme van die bestaande wetgewing teen die oortreders opgetree word.

Botha sê in terme van die identifikasie-permit was daar aanvanklik verskeie gerugte rondom die spesifieke voorskrifte wat daarmee gepaard gaan. Hy wil dit egter duidelik stel dat die dokument nie deur die polisie gesertifiseer hoef te word nie, dit moet deur 'n werkgewer voltooi word en aan 'n werknemer verskaf word wanneer hulle rondbeweeg. Hy raai werkgewers en werknemers aan om ook 'n identiteitsdokument saam met dié permit te hê wanneer hulle reis. 

Dit is uiters belangrik om te let daarop dat die doel van die nasionale inperkingsperiode juis is om die verspreiding van die Covid-19-virus te bestuur, daarom moet dienslewering deur die landboubedryf nie misbruik word nie, sê hy.

Dit was Gernie Botha, Vrystaat Landbou (VL) se regsadviseur.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.