On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK-wolmarkverslag: Veselaktiwiteite opgeskort tydens #Coronavirus nasionale inperking

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:13 Fri, 27 Mar 2020

OVK-wolmarkverslag: Veselaktiwiteite opgeskort tydens #Coronavirus nasionale inperking | News Article

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Die uitwerking van die koronavirus en inperkingstydperk van 21 dae hou verreikende gevolge in vir gemeenskappe in die land. Heindrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK,  sê duidelike riglyne is nog nie bevestig nie en daar is nog nie uitsluitsel gewees oor vesel as noodsaaklike diens soos in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Daarom het OVK met sy betrokkenes - wat Cape Wools en die Suid-Afrikaanse wolkopersvereniging, Sawamba, insluit - besluit om alle veselaktiwiteite in die veselsbedryf, wat OVK en sy affiliale insluit, op te skort tydens die inperkingstydperk weens die koronavirus. 

Hy sê die aktiwiteite sluit in skeerdiens, die ontvangs van vesel by pakhuise, verskeping, die toets van vesel by die wolburo, tegniese veldienste, veselveiling en die Responsible Mohair Standard (RMS) en Responsible Wool Standard (RWS) oudit sal hervat ná die inperkings.  

Volgens hom sal Sawamba aangepaste veilingsdatums later bekend maak waarna OVK aangepaste skaaldatums sal aankondig.  Tegniese veldienste rakende lewende hawe veilings sal voortgaan onder streng voorwaardes. 

Produsente moet ook verseker dat wanneer hulle vesel op plase berg, om dit doeltreffend te doen veral in 'n poging om diefstal te beperk.

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Dié wolmarkverslag is moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.