On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Statistiek SA: Meeste kommersiële plase in SA in Vrystaat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:06 Fri, 27 Mar 2020

Statistiek SA: Meeste kommersiële plase in SA in Vrystaat  | News Article

Daar is sowat 40 000 kommersiële boere in Suid-Afrika.


Dit is volgens Statistieke SA (SSA) se verslag vir die sensus van kommersiële landbou in 2017. Dié verslag is vandeesweek deur die statikus-generaal, Risenga Maluleke,  bekend gestel. Joe de Beer, adjunk-direkteurgeneraal vir ekonomiese statistieke by Stats SA, sê die duidelike omskrywing van 'n kommersiële boer is in ag geneem en daar is op alle boerderybedrywe wat vir belasting geregistreer is, gefokus. Daarmee saam het die opname getoon die hoogste getal plase in 2017 is in die Vrystaat. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met De Beer gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar kan moontlik meer boere in Suid-Afrika wees, maar dan is hul boerderye op 'n klein skaal en vorm hulle daarom nie deel van dié opname nie.

Volgens SSA se opname het meer as die helfte van die 40 000 kommersiële boere 'n omset van minder as 'n R1 miljoen per jaar geregistreer en word dié bedryf gekenmerk deur groot maatskappye wat plase besit. Na raming dra tussen 6% en 7% van dié aantal by tot twee derdes van die totale omset van die landboubedryf, wat dui op groot boere wat die bedryf plaaslik domineer.  

Die opname toon verder veeteelt is steeds die grootste bron van inkomste op sowat 50%, terwyl graangewasse sowat 'n kwart is. "Wat ons wel gesien het as ons dit vergelyk met die 2007 sensus, is dat die boere in veeteelt redelik stabiel gebly het en dat daar 'n styging was in die aantal boere wat gemengde boerderye bedryf," sê De Beer. 

Na raming word bykans 7,5 miljoen hektaar van die grond in die Vrystaat deur kommersiële boere gebruik. Dit is bykans 60% van die totale oppervlakte en die sowat 8000 kommersiële boere in dié provinsie verteenwoordig bykans 20% van die nasionale omset van boere.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.