On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

#CoronavirusSA: Voedselwaardeketting nie nou 'n bekommernis, sê Agri SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:23 Thu, 26 Mar 2020

#CoronavirusSA: Voedselwaardeketting nie nou 'n bekommernis, sê Agri SA  | News Article

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, se adviespaneel oor die bestuur van die koronavirus in die landboubedryf poog om die voedselketting produktief te hou.


Kos moet beskikbaar wees aan verbruikers, veral met die nasionale inperking wat om middernag in werking tree in 'n poging om die verspreiding van dié virus te verhoed. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, is verantwoordelik vir kommunikasie op dié paneel wat deur Didiza saamgestel is en uit verskeie betrokkenes in die landboubedryf bestaan. Hy sê dit is daarom nodig dat die voedselwaardeketting doeltreffend bestuur moet word, maar in dié stadium is daar nie groot kommer oor dié ketting en die onderskeie bedrywe, soos varsproduktemarkte, lewende hawe, asook Suid-Afrika se uitvoer nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Suid-Afrika het gelukkig 'n goeie produsente en voedselsisteem, wat nie in Afrika bestaan nie, daarom is daar nie in dié stadium groot kommer in terme van die voedselwaardeketting nie. Dit is egter 'n nuwe uitdaging vir Suid-Afrika en baie ander wêreldlande om die koronavirus te beheer en daarom sal daar goeie en verbeterde samewerking moet wees tussen alle belanghebbendes.

Betrokkenes sal op hul voete moet dink en bepaal waar risiko's in terme van dié virus beperk kan word, omdat daar moontlik oor 'n maand meer as 1 miljoen mense in die wêreld met dié virus besmet kan word. Dit kan 'n reuse-impak hê op die wêreld en veral Suid-Afrika, omdat dié pandemie 'n ernstige krisis is. 

Hy beklemtoom die belang van slimmer strategieë in dié verband. 

Van Zyl sê in terme van die uitvoer van produkte is daar ook nie groot kommer nie, want nie alle hawens is gesluit nie. Daarmee saam kry plaaslike produkte voorrang bo kopers van Suid-Afrika se buurlande soos Zambië. Daar was probleme by die Durban-hawe, maar dit word uitgesorteer. Die invoer van kommoditeite soos koring sal in die komende maande ook fyn dopgehou moet word, veral ten opsigte van beperkings van produserende lande. Dit kan moontlik 'n impak hê op die prys van onder meer brood in Suid-Afrika. 

Dit was Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur slegs op Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.