On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Eerste ryp in Wes- en Oos-Kaap verwag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:19 Wed, 25 Mar 2020

Eerste ryp in Wes- en Oos-Kaap verwag | News Article

Boere in die Wes- en Oos-Kaap kan gereed maak vir die eerste ryp teen die naweek.


 'n Senior voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê graanprodusente in die somergewasproduksie-gebiede van die Vrystaat en Noordwes kan egter nog gerus wees. Volgens hom, verander weerstoestande in die suidelike deel van die land vandag met 'n frontale stelsel wat inbeweeg en bewolkte en reëntoestande langs die Kaapse suidwestelike en Suidkus,  veroorsaak. Dit brei dan uit na die Oos-Kaapse en KwaZulu-Natal kusgebiede met koeler dagtemperature wat kan afneem met tussen 5 grade Celsius en 10 grade Celsius. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rossouw gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê teen Vrydag kan die kwik daal  en minimum temperature van so laag is 5 en 6 grade Celsius kan oor die Oos- en Wes-Kaapse binneland verwag word. Dit is wanneer ryptoestande kan voorkom, selfs in die suidelike gedeelte van die Noord-Kaap in gebiede by Sutherland.

Daarmee saam het reënweer in die grootste gedeelte van die sentrale binneland nou opgeklaar. Rossouw sê daar word voorspel dat 'n hoogdrukstelsel aanlandige sirkulasie veroorsaak op die frontale stelsel vandeesweek kan volg.  Dié hoogdrukstelsel  gaan uitbrei met bewolkte weer oor KwaZulu-Natal, die Laeveld asook die oostelike Hoëveld. Die invloei van vog vanuit die oostelike gedeelte van die land kan die kans verbeter op reën in die oostelike deel van die land wat die verre noordoostelike deel van die Vrystaat, asook Gauteng insluit.  Die weerstoestande brei teen Saterdagmiddag en Sondag uit en enkele buie kan dan voorkom in gedeeltes van die Vrystaat en Noordwes, sê Rossouw.

Daar is egter nie goeie nuus vir die grootste gedeelte van die Noord-Kaap in terme van reën nie. Slegs die noordoostelike gedeelte van dié provinsie kan teen volgende week reën verwag, maar niks word vir die verre westelike deel voorspel nie. Hy sê daar was die afgelope tyd goeie reën wat voorgekom het in droogtegeteisterde gebiede van die Noord-Kaap, maar dit was nie wydverspreide reën nie.  

Rossouw stel boere in die mielieproduksiegebied gerus dat indien ryp voorkom teen die naweek, dit ligte ryp gaan wees, en hy twyfel of wydverspreide ryp in dié gebiede gaan voorkom. 

Dit was Tonie Rossouw, 'n senior voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, slegs op Before Dawn.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.