On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Druk op lewende hawe agente verhoog weens #Coronavirus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:01 Tue, 24 Mar 2020

Druk op lewende hawe agente verhoog weens #Coronavirus | News Article

Pres. Cyril Ramaphosa het gisteraand 'n algehele inperking (lockdown) weens die Covid-19 pandemie aangekondig met mense wat van Donderdag vandeesweek, om middernag, vir altesaam 21 dae moet tuisbly.


Dit is in die stadium nog onduidelik of dié aankondiging die lewende hawe bedryf, veral met betrekking tot veilings, nog meer onder druk gaan plaas. Francois Knowles, registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, APAC, wat agente van varsprodukmarkte, invoer en lewende hawe reguleer, sê lewendehawe agente is juis onder geweldige druk, weens die uitbreking van bek-en-klouseer onder beeste laat verlede jaar in Limpopo. Dit het gelei tot 'n nasionale moratorium wat geplaas is op die samekoms van spleethoewige diere. Veilings van lewendehawe en die uitstalling van diere is geraak. Dié moratorium is egter op 17 Februarie gelig, maar die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het streng voorwaardes gestel. Een van die voorwaardes was dat dié agente by APAC geregistreer moet word.

 OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Knowles gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Die ander belangrike voorwaarde en dit is hier waar daar 'n raakvlak is met die koronavirus, is dat die bedryf biosekuriteitsmaatreëls moet instel wat deur APAC gereguleer gaan word. Dit is reëls vir die bedryf, deur die bedryf, en kom neer op selfregulering. 

Hy sê 'n dokument in die verband is reeds voltooi en daar word slegs op Didiza gewag om dit goed te keur.

Knowles meen  biosekuriteitsmaatreëls is reeds in die dokument vervat en kan in talle opsigte die koronavirus se risiko ondervang. 

Toegang tot veilings is beperk tot slegs kopers en verkopers. Toeskouers en besoekers word nie meer toegelaat nie. 

Deurlopende kommunikasie het ook plaasgevind met  kopers, verkopers en personeel ten opsigte van higiëne. Fisiese kontak is sterk ontmoedig. Dit is nou die formule en sal aangepas word volgens die omstandighede, sê hy.

Dit was Francois Knowles,  registrateur van die Landbouproduk-agenteraad, APAC, slegs op Before Dawn. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.