On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Verbruikers kan bietjie meer opdok vir hoendervleis

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:12 Wed, 18 Mar 2020

Verbruikers kan bietjie meer opdok vir hoendervleis | News Article

Nie alle onregverdige handel gaan aangespreek word deur die instelling van 'n tarief op ingevoerde hoenderprodukte nie.


Daar sal nog hoender vanaf die Europese Unie (EU) ingevoer word, maar ten minste kan die onwettige invoer van hoender vanaf Brasilië en Amerika afneem. Dit is volgens Izaak Breytenbach, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, nadat die minister van handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, verlede week 'n invoertarief op hoender vanaf ander lande ingestel het. Die Suid-Afrikaanse regering het die invoertarief vir gevriesde hoenderstukke met been van 37% na 62% verhoog het. Die invoertarief vir ontbeende hoenderstukke is van 12% na 42% verhoog. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Breytenbach gepraat...


Sien onderstaande PODCAST 


Hy sê 'n onlangse studie van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling moet in ag geneem word wanneer uitlatings gemaak word oor 'n drastiese toename in die plaaslike prys van hoenderstukke, nadat dié tarief ingestel is. Breytenbach meen dié studie, en meer spesifiek in die tariefvasstelling, is dit in ag geneem wat die moontlike impak sal wees van 'n tarief op die finale hoenderprodukte. 

Hy meen van die ingevoerede hoender sal met die tariefinstelling nie meer uit lande soos Brasilië en Amerika ingevoer en in Suid-Afrika gestort word nie. Van dié hoenderstukke sal nou vanaf die EU ingevoer word. Daarmee saam is die EU se produksiekoste sowat R5 per kg hoër as wat dit in Amerika is, maar die EU verkoop ook hul produkte ver onder hul produksiekoste. Dit gaan nie 'n drastiese toename wees nie.  Met meer hoenderstukke wat van die EU ingevoer word, kan daar 'n mate van 'n prysverhoging in die eindproduk vir die verbruikers van hoendervleis wees, maar die onwettige invoer vanaf Brasilië en Amerika kan drasties afneem. Dit is die verwagte dinamiek van die Suid-Afrikaanse tarief op ingevoerde hoender, meen Breytenbach. 


OFM-nuus



 




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.