On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:36 Thu, 27 Feb 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article
FOTO: Ontheworldmap.com

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher…


Hy fokus op die uitvoer van goedere deur Afrika wat dié vasteland se ekonomiese vooruitsigte bevorder. Die hernieude belangstelling in Afrika is weer onder die soeklig. Daarmee saam het Namibië die eerste Afrikaland geword om beesvleis na Amerika uit te voer nadat dié land reeds suksesvol was met die uitvoer van vleis na China. Laubscher sê die markte sal ook interim aanpassings moet maak, maar volgens die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) is daar betekenisvolle veranderinge in die handel met Afrika.

Tussen 2014 en 2016 het Amerikaanse uitvoer na Afrika met amper die helfte verminder.  Beleggings uit die Verenigde Koningkryk (VK) het meer as verdubbel van 2005 tot 2014, terwyl slegs 2,5% van hulle uitvoer vir Afrika bestem was.  

In terme van China se uitvoer na Afrika, was daar ‘n sewevoudige toename tussen 2005 en 2015.  Die waarde van hierdie uitvoer het $103 triljoen (Amerikaanse Dollar) beloop.  Indien westerse besighede in hierdie uitvoergeleenthede wil deel, sal hulle moet opskud, sê Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Dit was die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, wat met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gepraat het.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.