On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

OVK-wolmarkverslag: Suid-Afrikaanse wolmark toon steeds verbetering

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:52 Fri, 21 Feb 2020

OVK-wolmarkverslag: Suid-Afrikaanse wolmark toon steeds verbetering | News Article

Dié wolmarkverslag word moontlik gemaak deur OVK. Besoek OVK se webblad by ovk.co.za vir spesiale promosies, inligting oor veilings, weeklikse graanverslae en vele meer. OVK - saam bereik ons meer.


Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek weer 'n verbetering getoon, teenoor die vorige veiling. Die swakker Rand het bygedra tot die styging in die mark. ie volume wol ontvang in die makelaars se pakhuise vandeesweek, is in totaal 4.4% hoër as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen, wat baie positiewe nuus is. Dit is volgens Heindrich Victor, bemarkinsbestuurder van vesel by OVK, nadat die Cape Wools aanwyser vandeesweek op die 20ste wolveiling van die 2019/20 seisoen met 2% en 351 punte hoër verhandel het en teen 'n skoonprys van R181,57 per kg gesluit het.Die Australiese EMI het met 0.8% gestyg. Die Rand het hierdie week 1.2% swakker verhandel teen die VSA Doller en 0.4% swakker teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Goeie gehalte merino-vagwol en veral die fyner tipes, het goed presteer en gesorg vir gesonde mededinging onder kopers. Alle mikrongroepe het opwaarts beweeg. Die grootste styging was 3,4%, in die 21 mikron segment.

Hy sê die droogte in groot produksiegebiede is egter nog nie gebreek nie en OVK nooi produsente steeds uit om by dié landboubesigheid aan te klop vir oorskotte op vesel gelewer.

Volgens hom is volhoubaarheid en naspeurbaarheid die gonswoorde op almal se lippe en produsente sal ernstige oorweging moet skenk aan hierdie neiging, ten einde internasionale mededinging in die toekoms te verseker. Verbruikers vra nie net meer nie, maar vereis dat die verskaffing van vesel vry is van twyfelagtige praktyke. OVK is inderdaad gerat om u by te staan in die voldoening van standaarde en dus, die sertifisering van RWS (Responsible Wool Standards) en ook eersdaags RMS (Responsible Mohair Standards).

Hier is Victor...


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus



     






Podcasts






:






Related Articles:



AGDA-raad moet nou aangewys word in volgende twee maande

Rooivleisbedryfsnuus: Lewende hawe veilings hervat, bedryf dankbaar daaroor

Senwes Grainlink: Hier is jou jongste Safex-pryse

Landbou-ontwikkelingsagentskap wil kleinboere ondersteun




About the Writer:
CHRISTAL-LIZE MULLER

Christal-Lize is al byna ‘n dekade lank ‘n nuusverslaggewer. Sy het as gemeenskapsjoernalis begin, waarna sy ‘n televisie- en radioverslaggewer was. Sy is as senior spesialisverslaggewer by ‘n dagblad bevorder tot redakteur van ‘n gemeenskapskoerant. As ‘n spesialisjoernalis by OFM-nuus het sy al verskeie eerbewyse vir haar vernuf in joernalistiek ontvang. Sy onderneem verder om deurlopend gehalte- en insiggewende nuus aan luisteraars te lewer.


Read More























  • MUSIC




OFM Top 10@10



Global Top 10



Central SA Top 30






  • BLOGS







Why were they crying?


Why were they crying?

Posted on: 20 Feb 2020

READ MORE










Tom Holland and Robert Downey Jr. in Back to the future


Tom Holland and Robert Downey Jr. in Back to the future

Posted on: 20 Feb 2020

READ MORE










Weird Wide Web - Human horse?


Weird Wide Web - Human horse?

Posted on: 20 Feb 2020

READ MORE


























QUICK LINKS

  • •  Emoya Voetspoor Festival
  • •  Shoprite Checkers OFM Chip 4 Charity 2020
  • •  Ewie Cronje Bowls Record Attempt
  • •  Galleries





COMPETITIONS

  • •  OFM Cash Call
  • •  OFM PayDay
  • •  Spur Style Saturdays
  • •  Win with VKB Knights
  • •  Win with Lamb and Mutton SA
  • •  Win with Windmill Casino
  • •  Terms and Conditions





TODAY'S LINE-UP

  • •   00:00 VIP Access
  • •   01:00 Your Early Morning
  • •   05:00 Before Dawn
  • •   06:00 The Big Breakfast
  • •   09:00 Mid-morning Magic
  • •   13:00 At Lunch
  • •   16:00 The Joyride
  • •   19:00 OFM Nights
  • •   22:00 The Boom Box



CONTACT US

  • •  Contact Us
  • •  Contact Info

    • •  Advertise on OFM
    • •  Terms & Conditions
  • •  Press Office
  • •  Vacancies
  • •  BizWiz










© 2020 OFM - All rights reserved
Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies


  

OFM is a division of Central
Media Group (PTY) LTD.






Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more 



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.