On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere Droogtehulp SA: Ondersteun Sannies Droogtehulpfees

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:35 Fri, 14 Feb 2020

Boere Droogtehulp SA: Ondersteun Sannies Droogtehulpfees | News Article

Die nie-winsgewende maatskappy Boere Droogtehulp SA moedig mense, ander maatskappye en instansies aan om betrokke te raak by dié maatskappy se pogings om hulp aan landbougemeenskappe te verleen.


Een van dié inisiatiewe sluit die Sannies droogtehulpfees  in, waartydens verskeie van Suid-Afrika se voorste kunstenaars op 14 Maart by die Laerskool Sand du Plessis in 'n buitelugvertoning optree. Jan Lotz, 'n bemarker wat ook verantwoordelik is om geld in te samel vir dié nie-winsgewende maatskappy sê dit is 'n geleentheid om nie mis te loop nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Volgens Lotz is daar 10 sangers wat gratis gaan optree vir dié goeie doel. Dit sluit onder meer Jakkie Louw, Dwayne Louw en Zak Steyn in. Hy sê dit is 'n buiteligvertoning en toegang is R100 vir volwassenes en R50 vir kinders bo die ouderdom van 14.  Verskeie stalletjies gaan op dié dag beskikbaar wees, maar mense kan hul kampstoele en koelerbokse saambring. Die geld wat ingesamel word, sal gebruik word om onder meer veevoer en ander noodsaaklike produkte soos kos en water aan landbougemeenskappe te verskaf, sê hy.

Besoek Boere Droogtehulp SA se Facebookblad vir meer inligting.

Dit was Jan Lotz, bemarker en insamelaar van geld vir die nie-winsgewende maatskappy Boere Droogtehulp SA, slegs op Before Dawn. Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbou-gemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogte-situasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.