On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Speenkalwerprys beweeg opwaarts ondanks tydelike verbod

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:11 Thu, 06 Feb 2020

Speenkalwerprys beweeg opwaarts ondanks tydelike verbod | News Article

‘n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, kan steeds nie soos oudergewoonte die weekliks veilingspryse bespreek wat vir lewende hawe op veilings behaal is nie.


Derksen versprei dié inligting weekliks sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen kan nie dié verslag verskaf nie, want daar was geen veilings vandeesweek nie weens ‘n nasionale tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere vanaf meer as twee bronne na ander bronne. Dit is ingestel nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het. Ondanks dit het Derksen wel ‘n boodskap vir produsente…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê  as dié prys van lewende hawe in ag geneem word is daar goeie nuus in die sin dat die prys van speenkalwers 'n opwaartse neiging toon.  

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.