On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agri Hour

Kwarantyn op plase eers gelig as geen beeste positief toets nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 04:55 Wed, 05 Feb 2020

Kwarantyn op plase eers gelig as geen beeste positief toets nie | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie (RPO)

Daar is steeds slegs 16 eiendomme wat geraak word deur die bek-en-klouseer uitbreking in Limpopo en dié eiendomme, wat voerkrale insluit, is boonop in ‘n klein geografiese gebied noord van Polokwane.


Dit is volgens dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum, nadat dié siekte láát verlede jaar in Limpopo bevestig is. Volgens Vervoort is dit vandeesweek meer as drie weke dat daar geen nuwe geval in dié provinsie aangemeld is nie. Dit is ‘n duidelike bewys dat die maatreëls wat in plekgestel is, asook die samewerking wat daar tussen die regering, boere en landbou-organisasies is, positiewe gevolge inhou.

Vervoort sê slegs kommersiële plase en geen kommunale eiendomme word geraak nie. Dié betrokke eiendomme is onder kwarantyn geplaas wat behels dat geen diere op die plase verwyder mag word sonder goedkeuring of ‘n permit van die landboudepartement se veeartsenydiense in Limpopo nie. Gekontroleerde slagtings vind nou plaas en vorder goed. Hy sê omdat al die betrokke beeste voerkraaldiere is, behoort dié proses in ‘n kwessie van tussen drie tot vyf maande te geskied.  

Volgens Vervoort kan die kwarantynstatus gelig word sodra daar geen beeste op dié plase, wat onder kwarantyn is, positief vir bek-en-klouseer toets nie. Diere mag ook nie na dié plase verskuif word nie.

Hy sê daar is besluit om daardie diere nie in te ent nie, want dit veroorsaak verskeie komplikasies. Kwarantyn word goed toegepas op die betrokke plase en dié siekte het reeds versprei onder die diere op die plase, so daar is nie veel om te ent nie.  

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit was dr. Pieter Vervoort, besturende direkteur van die Nasionale Dieregesondheidsforum.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.