On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Veeveilings is ‘n prysvormende meganisme waarsonder kleinboere swaartrek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:28 Sat, 18 Jan 2020

Veeveilings is ‘n prysvormende meganisme waarsonder kleinboere swaartrek | News Article
FOTO: Vleissentraal

Die landboudepartement se moratorium op die samekoms van diere met gesplete hoewe, wat veeveilings verhoed nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het, is 'n doring in die vlees vir talle betrokkenes.


Wimpie le Roux, besturende direkteur van Vleissentraal in Bloemfontein, sê boere en telers word ook geraak, omdat veilings die enigste prysvormende meganisme vir hulle is. Wat produsente se situasie verder vererger, is die feit dat hulle kontant nodig het om ‘n bestaan te voer en hulle maak op veilings staat om hulle diere te verkoop. Hy sê opkomende boere en klein boere kry die swaarste, omdat hulle nie groot getalle van hul kudde eenmalig verkoop nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Le Roux gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Vleissentraal as ‘n maatskappy word ook negatief geraak deur dié moratorium, maar hulle maak staat op alternatiewe wyses om vee te verkoop. Verkope geskied nou uit die hand uit van enkele boere na ‘n produsent of ‘n voerkraal.

Dit was Wimpie le Roux, besturende direkteur van Vleissentraal Bloemfontein slegs op Before Dawn.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.